‘n Nuwe verslag wat Dinsdag vrygestel is, doen ‘n beroep op die Nigeriese regering om ‘n onmiddellike moratorium op teregstellings te plaas omdat vele van die gevangenes nie regverdige verhore gehad het nie, en omdat hulle onder marteling skulderkennings gemaak het.
Nigerië het die grootste bevolking in Afrika, maar ten spyte van baie groot inkomste uit die olieindustrie is armoede en geweldsmisdaad daar aan die orde van die dag.

Amnestie internasionaal sê dat dosyne gevangenas wat teregstelling in Nigerië afwag die reg geweier is om te appelleer teen hulle doodsvonnisse en dat hulle ook toegang tot voldoende regsverteenwoordiging ontsê is.