Nathi Mthethwa, die nuwe minister vir veiligheid en sekuriteit, het aan die parlement gesê dat 5733 polisiemanne nie kan bestuur nie, of nie geldige bestuurslisensies het nie.
Is Obama ‘n Amerikaanse burger?
08:06:15 Net enkele dae voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, word vrae steeds gevra oor Barack Obama se burgerskap. 'n Federale hof het op 26 Oktober 'n aansoek van die hand gewys dat Obama onbevoeg sou wees om president te word omdat hy óf in Kenia gebore is óf 'n burger van Indonesië sou wees.
VN-vlugtelingkampe staal hulle vir toeloop van mense in DRK
Die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap staal hom vir die toeloop van 'n geraamde 30 000 ontwortelde mense na sy kampe naby Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo nadat hernieude gevegte uitgebreek het.
Lees verder: VN-vlugtelingkampe staal hulle vir toeloop van mense in DRK
Brittanje gaan mense wat di? land verbied is se name bekendmaak
Brittanje se hoof van wet en orde Jacqui Smith, sê radikale predikers en ander ekstremiste wat verbied word om die Verenigde Koninkryk binne te kom, se name gaan in die openbaar genoem word.
Lees verder: Brittanje gaan mense wat di? land verbied is se name bekendmaak
Gautrein-werk veroorsaak nog ‘n gat in pad
Johannesburg se Metropolisie sê Oxfordweg moes Dinsdag gesluit word nadat 'n gat weens die aanhoudende werk aan die Gautrein gevorm het.
Mantashe s? ANC doen goed onder beleg
Sekretarisgeneraal Gwede Mantashe sê die ANC en sy bondgenote doen baie beter onder beleg.
Nog twee van Jeppestownslagting skuldig bevind
Nog twee lede van die Jeppestown-massamoord is in Johannesburg se Hooggeregsof skuldig bevind.
Irakkese regering het veiligheidspakket van VSA bespreek
Irak se kabinet het Dinsdag die veranderings wat hy in sy omstrede veiligheidspakket met die Verenigde State wil aanbring, bespreek.
Lees verder: Irakkese regering het veiligheidspakket van VSA bespreek
Verslae van kernmateriaaldiefstal verhoog w?reldwyd
Die hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Mohamed El Baradei, het Maandag in ‘n toespraak gesê dat die hoeveelheid verslae van gesteelde kern- en radioaktiewe materiale van regoor die wêreld ontstellend hoog is.
Lees verder: Verslae van kernmateriaaldiefstal verhoog w?reldwyd
Hof bevind teen Niger in uitspraak oor slawerny
‘n Wes-Afrika-streekshof het die regering van Niger Maandag skuldig bevind daaraan dat hulle misluk het om ‘n vrou te beskerm, toe sy op 12-jarige ouderdom as slaaf verkoop is.
Lees verder: Hof bevind teen Niger in uitspraak oor slawerny
