Die leierskap kry verskillende uitgangspunte en begin besef wat die mense wil hê. Hy sê die moontlike wegbreekparty hou hom nie snags wakker nie. Wat die leierskap wel wakker hou, is hulle vermoë om aan die mense van die land te lewer.
Mantashe sê die ANC se veldtog vir aanstaande jaar se verkiesing gaan op sy program gebaseer word en nie op verdediging teen die splintergroep nie.
Hy sê die ANC onderneem 'n morele herlewing en teiken die jong swart en wit professionele mense. Steun vir die ANC onder die wit gemeenskappe neem aansienlik toe.
Mantashe sê ANC-lede wat die komende konvensie van die andersdenkendes bywoon, moet aandui of hulle van voornemens is om by die nuwe beweging aan te sluit. Die voormalige president, Thabo Mbeki, het aan die party geskryf dat hy nie die inisiatief steun nie.
Mantashe sê hy glo dit wat Mbeki geskryf het en hy het geen rede om hom nie te glo nie omdat hy sy lojaliteit aan die ANC bewys het deur met waardigheid uit te tree toe die party hom gevra het om dit te doen.
