Superintendent Wayne Minnaar sê die gat het teen 0830 tussen Noordweg en Rivieraweg gevorm.
Die gat is ongeveer 2 meter in deursnee en 'n meter diep. 'n Nissan paneelwa wat aan een van die Bombela-werkers behoort, het in die gat geval.
Niemand was ten tye van die voorval in die voertuig nie en niemand is beseer nie. Motoriste kan 8ste Laan, Main Road en Rivieraweg as alternatiewe roetes gebruik. Minnaar sê dit is nie bekend hoe lank dit gaan neem om die gat op te vul nie.
Die vorige gat het agt weke geneem om herstel te word.
