Irakkese regering het veiligheidspakket van VSA bespreek

Irak se kabinet het Dinsdag die veranderings wat hy in sy omstrede veiligheidspakket met die Verenigde State wil aanbring, bespreek.

Die Sjiïtiese parlementslid Abdel Karim al-Nizzi sê die ministers gaan na verwagting die wysigings bespreek wat hulle in die Status van Magte-ooreenkoms tussen Washington en Bagdad wil aanbring.

Die Withuis het vroeër gesê  die ooreenkoms wat die onderwerp van taai onderhandelings was, is min of meer gereed en enige wysigings sal gering wees. Bagdad het egter gewaarsku dat hy nie in die ondertekening geboelie gaan word nie ofskoon Amerikaanse leiers gewaarsku het dat dit ernstige gevolge sou inhou as Irak versuim om die transaksie goed te keur.

Irak se minister van buitelandse sake, Hoshyar Zebari, sê Washington is bereid om na die beoogde wysigings te luister. As dit wel onderteken word, sal die ooreenkoms die toekomstige teenwoordigheid van VSA-magte in Irak bepaal as die huidige VN-mandaat in Desember 2008 verval. Verskeie Irakese leiers is teen die ooreenkoms gekant, veral die radikale Shjiïtiese geestelike leier, Moqtada al-Sadr, wie se ondersteuners dikwels die strate binnevaar om te protesteer. Die jongste ontwerp stipuleer dat Washington sy soldate teen Junie 2009 uit Irak se stede en teen Desember 2010 uit die land sal onttrek.

Dit gee ook aan Irak se owerhede magte om Amerikaanse soldate en burgerlikes vir ernstige misdade te vervolg wat hulle buite hulle basisse, terwyl van diens af was, gepleeg het.

хрустальные люстры купитьФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae