Hof bevind teen Niger in uitspraak oor slawerny

‘n Wes-Afrika-streekshof het die regering van Niger Maandag skuldig bevind daaraan dat hulle misluk het om ‘n vrou te beskerm, toe sy op 12-jarige ouderdom as slaaf verkoop is.

Die groot uitspraak is die eerste van sy soort deur die tribunaal wat tans in Niamey, Niger se hoofstad sit. Die regering is beveel om nagenoeg $19 000 as skadevergoeding aan die Hadijatou Mani, wat nou 24 jaar oud, is te betaal.

Slawerny is regdeur Afrika verbode, maar word steeds voortgesit in klein deeltjies van Niger, Mali, Mauritanië en in konflikte soos wat in noordelike Oeganda gesien word. Organisasies teen slawerny reken dat daar soveel as 43 000 mense as slawe aangehou word in Niger alleenlik, waar nomadiese stamme soos die Toeareg en die Toubou lede van ander etniese minderhede as slawe aanhou.

Mani het haar saak vanjaar voor die hof gebring, waar sy beweer het dat die regering van Niger misluk het om die teenslawernywette toe te pas.

Organisasies gekant teen slawerny het die uitspraak as belangrik beskou in ‘n gemeenskap waar tradisies rondom slawerny diep gewortel is.

Die Gemeenskapshof van Justisie, die liggaam wat Niger skuldig bevind het, is ‘n juridiese deel van Ecowas.,‘n politieke en handelsgroep van Wes-Afrikanasies wat deur die Weste ondersteun word. Die hof wat in enige van die lidlande kan sit, is in 2000 gestig en het al ‘n paar belangrike uitsprake gemaak, hoewel die beperkte vermoë om die uitsprake te laat uitvoer die invloed van die organisasie kniehalter.         

chase game playАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae