“Die VSA moet saam met Indië werk aan ‘n klomp kritieke sake, wat strek van voorkoming van terrorisme tot die bevordering van vrede en stabiliteit in Asië” het senator Obama in ‘n eksklusiewe onderhoud met IANS gesê. Dit was die eerste onderhoud met ‘n suid-Asiese joernalis na sy nominasie as presidentskanidaat deur die Republikeinse party.
“Joe Biden en ek gaan die bou van sterker verhoudings en strategiese vennootskappe met Indië ‘n topprioriteit maak."
Omtrent sy agenda vir samewerking met New Delhi, het hy gesê: “Ek glo dat Indië ‘n strategiese vennoot is vir Amerika in die 21ste eeu, en dat Amerika saam met Indië moet werk aangaande bekamping van terrorisme en bevordering van vrede en stabiliteit in Asië.”
In die onderhoud het Obama uitgebrei oor ‘n wye reeks onderwerpe wat strek van hervorming van immigrasie beleid en hoe om globalisering en handel vir Amerikaanse werkers te laat werk, tot die aktiewe deelname van die Indies-Amerikaanse bevolking in die proses van verandering wat hy voorstaan.
Hy het gesê dat die Obama-administrasie gaan poog om bande met die Indies-Amerikaanse gemeenskap versterk en hulle aktiewe deelname bevorder om die veranderinge wat gesoek word daar te stel.
Hy het benadruk dat die Demokratiese nominasie gedryf word deur ‘n manifes van inklusiwiteit, hoop en optimisme, en dat dit sal wys in ‘n progressiewe presidensie.
Rondom die kontroversiële onderwerpe van globalisering het hy gesê “Ons weet dat ons nie mure rondom die ekonomie kan en mag bou nie.”
“Ons moet aanvaar dat globalisering ‘n feit is wat nie omgekeer kan word nie, maar ons moet maniere vind om globalisering en handel te laat werk vir die Amerikaanse werkers,” het Obama bygevoeg.
