Duisende polisielede kan nie bestuur nie

Nathi Mthethwa, die nuwe minister vir veiligheid en sekuriteit, het aan die parlement gesê dat 5733 polisiemanne nie kan bestuur nie, of nie geldige bestuurslisensies het nie.

Die syfer sluit in 3338 inspekteurs, 1712 sersante en soveel as 280 kapteins.

Mthethwa het die syfers gegee in ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre vraag van James Masango van die DA, en gesê dat die huidige syfers verkry is met na ‘n bevestigingsproses.

Hy het ook erken dat die mense wat nie kan bestuur nie 620 lede van die speurdiens insluit, en 67 mense van die misdaad intelligensie eenheid. Altesaam 4984 lede van die sigbare polisiëringseenheid kan nie bestuur nie en ook 17 superintendente kan ook nie self bestuur nie.

Die provinsiale indeling van die nie-bestuurders  wys dat meer as die helfte van die lede wat nie vertroud is met ‘n stuurwiel nie vanaf Gauteng en die Ooskaap afkomstig is.    

для автосервисаtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae