Is Obama ‘n Amerikaanse burger?

Image

Is hy regtig ‘n Amerikaner?

08:06:15 Net enkele dae voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, word vrae steeds gevra oor Barack Obama se burgerskap. 'n Federale hof het op 26 Oktober 'n aansoek van die hand gewys dat Obama onbevoeg sou wees om president te word omdat hy óf in Kenia gebore is óf 'n burger van Indonesië sou wees.

Die Amerikaanse grondwet vereis dat 'n persoon in die VSA gebore moet wees en 'n burger van daardie land moet wees om hom as president verkiesbaar te stel.

Philip Berg, 'n prokureur in die deelstaat Pennsilwanië, het die aansoek gebring om Obama as onbevoeg vir die presidentskap te verklaar, maar het verloor omdat die regter meen hy beskik nie oor locus standi nie. Daar was egter geen uitspraak oor die feite of meriete van die saak nie.

Obama se Keniaanse ouma beweer dat sy kan onthou dat hy in 1961 in Kenia gebore is. Obama het egter 'n geboortesertifikaat op sy webwerf gepubliseer wat aantoon dat hy in Hawai gebore is waar sy moeder, Ann Dunham, gestudeer het.

Berg het in sy hofaansoek beweer dat selfs indien dit waar sou wees dat Obama in Hawai gebore is en nie in Kenia nie, hy sy Amerikaanse burgerskap sou prysgegee het toe hy op die ouderdom van ses deur sy Indonesiese stiefpa aangeneem is.

Tot dusver het Obama nie onafhanklike of amptelike toegang tot sy geboortedokumentasie of die hospitaalrekords toegelaat nie. Die Hawaise gesondheidsdepartement het ook die federale wet oortree deur nie Inligtingsvryheidversoeke daaroor toe te staan nie.

Tot dusver ignoreer die hoofstroommedia in die VSA egter die omstredenheid rondom Obama se Amerikaanse burgerskap en toon meningspeilings dat hy binne minder as 'n week as Amerikaanse president verkies gaan word.

Indien een van die hofaansoeke later slaag, sou Obama van die presidentskap afstand moes doen en sal sy adjunkkandidaat, Joe Biden, waarskynlik president word. Mev. Hillary Clinton, wat tweede in die Demokratiese nominasiestryd geëindig het, sou in so 'n geval moontlik ook aanspraak op die presidentskap kon maak.

igt africatopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae