Helen Zille, leier van die DA, het gister geëis dat Thabo Mbeki bedank as gevolg van sy inmenging met staatsinstellings soos die SAUK en die nasionale vervolgingsgesag. Sy hou hom ook verantwoordelik vir die huidige elektrisiteitskrisis.
Skare val buitelanders aan in Alexandra
'n Skare in Alexandra, 'n lokasie in die noorde van Johannesburg, het gister 'n groep immigrante aangeval, twee doodgemaak en omtrent 40 beseer, volgens die polisie.
Sjinese aardbewing dood 10 000 mense
Bykans 10 000 mense is deur die aardbewing gedood wat suidwestelike Sjina getref het. Reddingswerkers sukkel tans om by die gebiede te kom wat die ergste getref is en veel meer mense mag gesterf het.
Die R3,90-plan – en hoekom dit miljoene gekos het
"By die inboorlinge van die intellektuele oerwoud en vlakte wat vir 'n regering in ons land deurgaan, is daar min gedaantes wat meer ontsag afdwing. Vandag se Afrikaan in landsregering het vir die liberale akademikus, veral die ekonoom, dieselfde wanhopige en bygelowige respek as wat sy voorsate eeue gelede gehad het vir die bwana met sy khaki-helm, rybroek, lang stewels en 'n stok wat vuur spoeg." Lees Gustav Venter se eerste aflewering, waarna Harvardmanne en die ekonomiese raad wat hulle gee nooit weer dieselfde sal wees nie.
Lees verder: Die R3,90-plan – en hoekom dit miljoene gekos het
Minister s? daar is geen verband in SABC-geskil
Lees verder: Minister s? daar is geen verband in SABC-geskil
Skerpioene wil Zuma vernietig, s? MK
Suid-Afrikaner verbeter para-w?reldrekord
Die 17-jarige sal in alle waarskynlikheid Suid-Afrika in hierdie jaar se Paralimpiese Spele in Beijing in Augustus verteenwoordig.
SA graankrisis neem toe
Suid-Afrika staar nóg ‘n krisis in die gesig, dié keer in die graanbedryf. ‘n Moontlike voedseltekort dreig met die stygende voedselpryse en die afname in plaaslike graanproduksie.
Die probleem is te wyte aan verskeie faktore, maar hoofsaaklik as gevolg van die regering se besluit om die buiteland ook op die plaaslike mark te laat meeding. Ander bydraende faktore wat dit byna onbekostigbaar maak vir graanboere is vervoer en die verval van infrastruktuur in Suid-Afrika, soos byvoorbeeld spoorwegvervoer wat, hoewel goedkoper, onprakties geword het.
ANC wil ondersoek oor Eskombonusse h
Die ANC mag eerskomende Vrydag by 'n vergadering oor energie vra dat die bonusse van Eskom se bestuur ondersoek word. Aanduidings is dat Eskom se bestuur altesaam R10 miljoen se bonusse aan hulself betaal het terwyl kragonderbrekings landwyd plaasgevind het.
Swart skoonhede vir Vogue Itali
