Dit is 'n ope geheim dat swart modelle skaars gebruik word op loopplanke, in tydskrifte en op reklameborde omdat hulle nie daarin slaag om produkte te verkoop nie.
Afgesien van Naomi Campbell in 'n enkele Louis Vuitton-advertensie dié seisoen, is dit moeilik om hoegenaamd 'n swart model in 'n prominente posisie in 'n tydskrif te vind. Carole White van die Premier-modelagentskap sê dat sy versoeke ontvang waarin vermeld word: "geen etniese modelle" nie. Volgens haar dink die tydskrifte dat swart modelle nie verkoop nie.
Die bekende Britse fotograaf Nick Knight sê: "Die mode- en advertensiebedrywe is deurspek van rassisme. 'n Mens hoef net rond te kyk vir die aantal swart meisies in advertensies – naby aan nul. By die vernaamste handelsmerke in die modebedryf is hulle heeltemal onderverteenwoordig. Dis skokkend en betreurenswaardig."
In Asië is lesers ook gekant teen swart modelle, maar die Italiaanse glanstydskrif hoop dat ondersteunende mediablootstelling 'n impak op die modebedryf sal hê.
Kommer dat daar nie voldoende advertensies vir die uitgawe verkry sal word nie is egter gelug.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.