Haar man sal nooit terugstaan nie, s? Grace Mugabe

Mev. Grace Mugabe, die eggenote van die Zimbabwiese president wat ook vir haar luukse smaak en spandabele inkopiereise bekend is, het gister gesê dat haar man nooit sy posisie sal afstaan nie, selfs al verloor hy aanstaande maand se opvolgpresidentsverkiesing teen Morgan Tsvangirai.

Lees verder: Haar man sal nooit terugstaan nie, s? Grace Mugabe

Tony Leon vra dat Mbeki sy brief bekendmaak

Die voormalige leier van die opposisie, Tony Leon, wat tans die DA se woordvoerder oor buitelandse sake is, het gevra dat Thabo

Image

Tony Leon

Mbeki die inhoud van sy brief aan George Bush van Amerika bekendmaak.

Lees verder: Tony Leon vra dat Mbeki sy brief bekendmaak

Immigrante moor oor aalmoes

'n Somaliër is eergister gedood in 'n rusie oor 'n aalmoes in die vorm van 'n kledingstuk. Volgens die polisie op George het die voorval plaasgevind in die Blanco-gemeenskapsaal waar ongeveer 100 buitelanders gehuisves word wat uit Thembalethu gevlug het weens etniese geweld teen hulle.

Lees verder: Immigrante moor oor aalmoes

Metodistebiskop vra dat Limpopogrens afgeskaf word

Die Metodistebiskop wat buitelanders in sy kerk in die Johannesburgse middestad huisves, Paul Verryn, het gister geëis dat die grens tussen Suid-Afrika en Zimabwe geheel en al afgeskaf word.

Lees verder: Metodistebiskop vra dat Limpopogrens afgeskaf word

Premier van Kwazulu-Natal blameer blanke verdrukkers vir geweld

Die premier van Kwazulu-Natal, S'bu Ndebele, het gister in 'n kwalik bedekte verwysing na blankes gesê dat die onderdrukkers van swartmense vir die etniese geweld teen buitelanders verantwoordelik is.

Lees verder: Premier van Kwazulu-Natal blameer blanke verdrukkers vir geweld