Sy teenstander in die nominasiestryd, Hillary Clinton, het gesê dat sy nie sal tou opgooi totdat die laaste stemme getel is nie. Al wat Clinton nog kan red, is die stemme van sogenaamde superafgevaardigdes, maar Obama is vol vertroue dat dié afgevaardigdes sal stem soos wat die res van die Demokratiese afgevaardigdes gestem het.
Obama beplan 'n besoek aan Irak. Deel van sy verklaarde beleid as hy president sou word, is om alle Amerikaanse troepe binne 16 maande uit dié land te onttrek.
