Die onvoltooide skildery

Image

Rus op Onrus ? John van Reenen in sy kuns-en-kombuisfase, Augustus 2002

Die jong John van Reenen was skaars in Amerika toe word hy gevra of hy op water kan loop.

Gaylen Hansen – deesdae  ʼn opgehemelde kunstenaar van die figuratiewe ekspressionistiese skool – was die vader van dié pittigheid. Hy het self lekker daarvoor gelag, maar hierdie Yank was in geen posisie om die heerlike ironieë van John van Reenen behoorlik te waardeer nie.

Lees verder: Die onvoltooide skildery

De Klerk het sy spreekbeurt lankal verloor

Dis weersinwekkend om te aanskou hoe oud-president De Klerk sy rug ex post facto in die pers probeer styf maak oor problematiek wat primêr veroorsaak is deur die insigloosheid en gebrek aan ruggraat by hom en sy trawante wat hul eie mense tydens die onderhandelings met die ANC versaak het.

Lees verder: De Klerk het sy spreekbeurt lankal verloor