China word gevra om gevangenes uit die Tiananmen-tyd vry te laat

Image

Tiananmenplein, 1989

'n Amerikaanse menseregte-organisasie, Human Rigths Watch, het China dringend versoek om 130 gevangenes uit die Tiananmen-tyd vry te laat.

Lees verder: China word gevra om gevangenes uit die Tiananmen-tyd vry te laat

Oegandese regering ignoreer homoseksuele tydens antivigsveldtog

Die regering van Oeganda het twee dae gelede gesê dat dit weens 'n gebrek aan fondse geen kommunikasieveldtog oor vigs teenoor onwettige homoseksuele in die land gaan voer nie.

Lees verder: Oegandese regering ignoreer homoseksuele tydens antivigsveldtog

Oeboentoe, waar is jy nou?

00:00:00 Desmond Tutu het die volgende oor oeboentoe te sê gehad:

“Swartmense het iets genaamd OEBOENTOE. Dit gaan oor die essensie van menswees; dit maak deel uit van Afrika se geskenk aan die wêreld.

Dit omvat gasvryheid, omgee, om die ekstra myl vir ander te kan loop. Ons glo dat ‘n mens ‘n mens deur ‘n ander mens is, dat my menslikheid by joune, onlosmaaklik, betrokke is. As ek jou sou verontmenslik, verontmenslik ek onvermydelik myself. Die enkelingmens is ‘n teenstrydigheid en daarom werk jy vir die gemeenskaplike doel want jou menslikheid word verwesenlik deur te behoort.”

Die word “oeboentoe” kom vanuit die Nguni-tale. Oeboentoe beteken menswees en omvat die deugde van goedgesindheid, mededeelsaamheid, vrygewigheid, gasvryheid, vriendskap en barmhartigheid of simpatie en hierdie eienskappe word dus gebruik om ‘n persoon te beskryf wat “oeboentoe” het.

Lees verder: Oeboentoe, waar is jy nou?

Robert McBride, die ware Nuwe Suid-Afrikaanse Man

16:30:50 Een van Lenin en die Bolsjewiste se doelwitte was om 'n Nuwe Kommunistiese Man te skep; iemand wat sou vry Image wees van die klassevooroordele van die verlede. Homo Sovieticus sou 'n altruïs wees, met 'n kommunale uitkyk op die lewe. Hy sou sy arbeid sonder die verwagting van persoonlike rykdom opoffer tot voordeel van die gemeenskap, en sou oneindige energie toon in die stryd vir globale rewolusie.

Lees verder: Robert McBride, die ware Nuwe Suid-Afrikaanse Man