Ná ek verlede week Christi van der Westhuizen se pleidooi vir die verdwyning van Afrikaners gelees het, het ek onderstaande geskryf en aan Beeld se By vir publikasie aangebied. Aanvanklik was dit aanvaarbaar, maar later in die week het die redaktrise van By, Liza Albrecht, gemeen dit sal net as brief geplaas kan word "weens ‘n gebrek aan ruimte". Maar ook die verkorte weergawe het in die slag gebly en is glad nie in vandag se By opgeneem nie. Al is dit nou ‘n week ná Van der Westhuizen se gewraakte artikel, plaas ek my repliek, wat reeds verlede Saterdag geskryf is, vandag hier:
Dit wil voorkom asof die faksie verloopte anti-Afrikaners waarvan Deon Maas maar net een is, steeds besig is met hul veldtog om Afrikaners in Afrikaans te beledig en te verguis. In verlede week se By trek Christi van der Westhuizen los met ʼn artikel waarin sy die einde van Afrikanerskap in Suid-Afrika bepleit.
Van der Westhuizen maak die belaglike stelling dat “rassediskriminasie ʼn integrale aspek van Afrikaner-identiteit” is. Ook beskuldig sy ons Afrikaners daarvan dat ons “hang aan fantasieë van wit meerderwaardigheid en eksklusiewe politieke mag”.

Lees verder: Re?nboognasie is ‘n Stalinistiese sosiogeni?ringsprojek