Die verhouding tussen die twee strydende faksies van die ANC is nog nie onherstelbaar nie, het die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa, vandag gesê. Phosa het op ‘n persinligtingsessie by die party se hoofkwartier gepraat.
Verhoudings kan steeds herstel word, s? ANC
Die verhouding tussen die twee strydende faksies van die ANC is nog nie onherstelbaar nie, het die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa, vandag gesê. Phosa het op ‘n persinligtingsessie by die party se hoofkwartier gepraat.

Geen rede vir paniek nie, sê Russell Loubser, uitvoerende hoof van die Johannesburgse Aandelebeurs. Markte wêreldwyd het byna al 'n derde van hul waarde verloor, maar Loubser sê ons het sterk maatskappye wat goeie dividende betaal.
Lyftaal praat! Obama en McCain hou nie veel van mekaar nie. Ná Dinsdag se debat tussen die twee het hulle nie dadelik gaan bladskud nie. McCain moes Obama op die skouer gaan aanraak sodat hy na hom toe draai en toe die swart kandidaat sy hand uitsteek het McCain verkies om dit nie dadelik te neem nie maar om Obama na sy vrou, Cindy, te stuur.
Wladimir Poetin is nie 'n sissie nie. As die voormalige KGB-agent nie 'n Siberiese sabeltand omstoei om joernaliste wat hom op 'n uitstappie met wetenskaplikes na Rusland se Verre Ooste vergesel het, te red nie, dan baljaar hy in 'n vegvliegtuig.