Malema veroordeel geskinder oor Zuma se liefdeskind

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga  het gesê dit is “oneerbiedig” om van pres. Jacob Zuma se kind wat hy by een van sy vriende (Irvin Khoza) se dogters het, te praat. “Ons is Afrikane, en Zuma is ons pa. So ons is nie gekwalifiseerd om daaroor te praat nie.” Volgens Malema gaan die jeugliga

Lees verder: Malema veroordeel geskinder oor Zuma se liefdeskind

Volksgenote in diaspora

‘n Oppervlakkige analise van beduidende bevolkings in diaspora is dat hulle in die lande waarheen hulle of hul voorouers uitgewyk het, geneig is om radikaler te wees as hul volksgenote op die tuisfront. Hierdie siening kan gevorm word aan die hand van die wapens en morele ondersteuning wat die Ierse Republikeinse Leër uit veral die

Lees verder: Volksgenote in diaspora

FW de Klerk se glansende daad van verraad

Op die vooraand van die twintigjarige herdenking van 2 Februarie 1990 toe FW de Klerk besluit het om Nelson Mandela en sy medegevangenes van die ANC en SAKP vry te laat en die verbod op dié twee organisasies op te hef, beleef ons die wrange nalatenskap van die sogenaamde “onderhandelings” van destyds. In die referendum

Lees verder: FW de Klerk se glansende daad van verraad

Plaasmoorde in Nederlandse pers

“Zuid-Afrika Jonge zwarte mannen martelen en vermoorden ongeveer honderd blanke boeren per jaar. In Zuid-Afrika worden gemiddeld twee boeren per week vermoord. Boerenorganisatie Agri SA luidt de noodklok.” So begin ‘n berig in vandag se uitgawe van Trouw. Die berig handel in wese oor die hofverskyning van die vermeende moordenaars van die Van Zyl-egpaar van

Lees verder: Plaasmoorde in Nederlandse pers

Leierskap en morele kompas

“Die land het sy morele kompas verloor.” So meen Volksblad vanoggend in sy hoofartikel, met ‘n groot voorbladberig dat Helen Zille die president oor sy jongste buite-egtelike kind looi. Op Sondagaand se Interface-program op TV het die leier van die Christen-Demokratiese Party en ‘n selfverklaarde agnostikus oor die kwessie van poligamie teenoor mekaar te staan

Lees verder: Leierskap en morele kompas

Herrie se kerrie: Die swaeltjies

Van Herrie maar kon onthou, het swaeltjies hulle tuisgemaak by huise waarin Herrie grootgeword het. Neste van klei met sulke onderstebo iglo-ingange. Oulike voëltjies, dié wat vlieënde goggas in transito uit die lug “stofsuig” deur met hul oop bekkies so kos te “kollekteer. Maar alles is nie altyd wel met swaeltjies nie. Daar is verskillende

Lees verder: Herrie se kerrie: Die swaeltjies

Tshwane se moer!

Dankie aan almal wat opgedaag het, ook aan die Ooskaapse boer waarmee ek nog wou gesels. Soos belowe het ons Saterdag by die Kwagga Inkopiesentrum (Quagga Centre) bymekaar gekom wees met my swart koei agter op my bakkie waarop die woorde TSHWANE SE MOER geverf staan. Nee, dis nie ‘n regte koei nie en ja,

Lees verder: Tshwane se moer!

Bloedpaspoorte gaan deurslag gee

Sportsterre wat nie positief vir verbode middels toets nie, maar wie se besonderhede op hul “bloedpaspoorte” te groot afwykings toon, kan deelname aan die volgende Olimpiese Spele ontsê word. So altans, meen Jaques Rogge, voorsitter van die IOK. “Ek kan die moontlikheid nie uitsluit nie,” is hy in die media aangehaal. Die byhou van die

Lees verder: Bloedpaspoorte gaan deurslag gee