Vrou 15 uur aangehou vir nalatige bestuur

Die Vryheidsfront Plus-raadslede in die Tshwane-metroraad gaan aandring op antwoorde van die Tshwane-metropolisie nadat me. Magdel Steyn na bewering deur lede van die Metropolisie, in Sunnyside Pretoria, aangerand en vir 15 ure in polisieselle aangehou is. Dit volg na ‘n voorval einde November 2009, toe me. Steyn haar bejaarde moeder by ‘n kantoorblok afgelaai het. 

Lees verder: Vrou 15 uur aangehou vir nalatige bestuur

Ruik ek dooie rot?

Skokkend soos dit mag klink, maar in die Vrystaat is daar nie meer vaksien teen slenkdalkoors beskikbaar nie. Die voorraad is op, alhoewel almal, behalwe ons weet wie, geweet het dit is warm en dit reën ongekend in die gebied. Vir diegene wat nie weet nie:  Die slenkdalkoorsvirus is ‘n phlebovirus en dit word gebruik

Lees verder: Ruik ek dooie rot?

Zuma na Zim

Pres. Jacob Zuma gaan Zimbabwe hierdie week besoek om die magsdelingsooreenkoms, ná ‘n dekadelange politieke en ekonomiese krisis, te ondersoek. Pres. Robert Mugbae en sy mededinger Morgan Tsvangirai, het verlede jaar ‘n eenheidsregering gevorm, om ‘n einde te probeer bring aan ontwrigtende verkiesings. Zuma gaan vanaf 16 tot 18 Maart in Zimbabwe wees om met

Lees verder: Zuma na Zim

Ernie slaan weer ‘n slag

Suid-Afrika se gholfster Ernie Els is met mening terug nadat hy ‘n effense droogte beleef het. Verlede week was Els nog 20ste op die wêreldranglys. Hy is nou in die toptien, op nommer 8, ná sy oorwinning Sondag by die CA-kampioenskappe. Charl Schwartzel, nog ‘n Suid-Afrikaner, het tweede geëindig. Schwartzel was verlede week 35ste en

Lees verder: Ernie slaan weer ‘n slag

Rowers getakel, een dood

Inwoners van Mthatha het twee gewapende mans doodgeslaan wat na bewering besig was om ‘n rooftog in Mandelapark uit te voer, het die Oos-Kaapse polisie gesê. “Lede van die gemeenskap het gedurende die rooftog die rowers met stokke, strykysters en pangas genader en hulle daarmee begin slaan,” het Sup. Mzukisi Fatyela gesê. Vier mans het

Lees verder: Rowers getakel, een dood

Boervrou van Colenso sterf in plaasaanval

Die polisie in KwaZulu-Natal het ’n soektog vir vier mans van stapel gestuur nadat die vrou van ’n boer Sondagaand in Colenso doodgeskiet is, het die polisie gesê. Die boer, 70, is twee keer geskiet, maar hy het die voorval oorleef en sterk tans in die hospitaal aan, het supt. Jay Naicker gesê. “Die boer

Lees verder: Boervrou van Colenso sterf in plaasaanval

Malema gaan appelleer teen haatspraakbevinding

Die gelykheidshof in Johannesburg het Maandag vir Julius Malema, die ANC-jeugleier skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering. “Die hof is tevrede met die uitspraak dat die uitlating van die gedaagde gelykstaan met haatspraak,” het die landdros Colleen Collins gesê. “Die woorde wat uitgelaat is, dra by tot teistering soos gestaan in die wet

Lees verder: Malema gaan appelleer teen haatspraakbevinding

Israeli soldate wond Palestynese studente

Israelse troepe het Maandag Palestynse burgers gewond toe hulle met lewendige ammunisie op betogers in die Wesoewer losgebrand het. Die skietery het by ‘n kontrolepunt uitgebreek toe studente die soldate met klippe begin bestook het. “Ons het ses mense opgeneem,” het Mohammed Eida, direkteur van hospitale in Ramallah, Maandag aan AFP gesê. “Twee is met

Lees verder: Israeli soldate wond Palestynese studente

Hoe lank nog die ander wang?

Ek lees dat Vryburger vra dat ons psigies weerbaar moet wees. Dit is seker van die belangrikste woorde wat nog geskryf is. Is ons psigies ingestel vir wat voorlê? Baie is, nog meer is nie. Hoekom? Omdat meeste mense verkies om polities korrek te wees, eerder as om voor te berei vir die onafwendbare. Die

Lees verder: Hoe lank nog die ander wang?

Zuma-gesprekke bevorder Afrikanervryheid

Verlede Donderdagaand se dinee tussen ‘n groep Afrikaners en president Jacob Zuma het intussen heelwat kommentaar en – ongelukkig – verwarring veroorsaak. Soos ek reeds in my antwoorde op vrae van Rapport gister gesê het, voel ek dat ons in ‘n vyandige media-omgewing verkeer, met sowel die magtige Britse media as hul Suid-Afrikaanse eweknieë wat

Lees verder: Zuma-gesprekke bevorder Afrikanervryheid