Malema gaan appelleer teen haatspraakbevinding

Die gelykheidshof in Johannesburg het Maandag vir Julius Malema, die ANC-jeugleier skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering.

“Die hof is tevrede met die uitspraak dat die uitlating van die gedaagde gelykstaan met haatspraak,” het die landdros Colleen Collins gesê.

“Die woorde wat uitgelaat is, dra by tot teistering soos gestaan in die wet van gelykheid.”

Collins het Malema beveel om ’n publieke verskoning binne die volgende twee weke te maak.

Hy moet ook R50 000 binne een maand aan ‘n sentrum vir mishandelde vrouens skenk.

Collins het wyse woorde aan Malema in haar uitspraak ingesluit.“”Mr. Malema, wees versigtig om nie in ‘n man te verander wat gereeld iets sê, maar nooit die rede voer nie.”

Malema was nie by die hofuitspraak teenwoordig nie, maar het intussen aangedui dat hy gaan appelleer, volgens sy regsverteenwoordiger.

“Ons het die uitspraak bespreek en hy (Malema) het my gevra wat ek oor die beslissing dink. Ons het kort daarna besluit om appèl aan te teken,” het Tumi Mokwena aan Sapa gesê.

“Ek gaan vanaand al met die papierwerk begin sodat daar so vinnig as moontlik teen die uitspraak geappelleer kan word.”

 

 

оборудование шиномонтажа ценаалександр лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae