Israelse troepe het Maandag Palestynse burgers gewond toe hulle met lewendige ammunisie op betogers in die Wesoewer losgebrand het.
Die skietery het by ‘n kontrolepunt uitgebreek toe studente die soldate met klippe begin bestook het.
“Ons het ses mense opgeneem,” het Mohammed Eida, direkteur van hospitale in Ramallah, Maandag aan AFP gesê.
“Twee is met lewendige rondtes gewond; een in die nek, en die ander in die maag.”
Volgens Eida is ‘n verdere vier betogers op die toneel behandel vir ligte wonde.
Israelse troepe gebruik selde lewendige rondtes op betogers, en verkies gewoonlik eerder traangas, skokgranate en rubberkoeëls.
