Slenkdalkoors versprei na Wes-Kaap

Die gevreesde slenkdalkoors het na die Wes-Kaap versprei met ‘n veearts wat vermoedelik dié virus opgedoen en 14 diere wat reeds gevrek het.

Die provinsiale departement van landbou en gesondheid het Maandag gesê die man het glo dié virus opgedoen terwyl hy ‘n nadoodse ondersoek op twee dooie koeie gedoen het.

Wouter Kriel, ‘n woordvoerder van die provinsiale departement van landbou, het gesê twee Jersey-koeie het naby die grens tussen die Noord- en Wes-Kaap gevrek.

Twaalf Merino-lammers het op ‘n plaas in die ooste van Beaufort-Wes gevrek.

Helene Rossouw, ‘n woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die veearts se simptome sluit in koors, erge hoofpyn, spierpyn en erge oogpyn.

Bloedmonsters is geneem om die oorsaak van die simptome vas te stel. Die man is onder mediese toesig by sy huis en sy toestand is stabiel.

‘n Totaal van 63 mense landwyd is met dié virus besmet.

Volgens die departement van gesondheid is 54 van dié gevalle en twee sterftes in die Vrystaat aangemeld. Vier gevalle is in die Oos-Kaap en vyf gevalle in die Noord-Kaap aangemeld.

Kriel het skaap- en veeboere aangeraai om nie hul vee in nat, laagliggende gebiede met ‘n groot muskietbevolking te laat wei nie.

“Die gebruik van insekdoders kan oorweeg word vir waardevolle vee. Omdat dit ‘n virale siekte is, is geen spesifieke behandeling beskikbaar nie,” het Kriel gesê.

 

Kriel het gesê sy departement het ‘n verdere 40 000 dosisse slenkdalkoors-entstof bestel, wat oor die volgende paar weke gebruik gaan word.

 

In November verlede jaar is 90 000 dosisse entstof deur private veeartse in die Swartland-, Weskus- en Ceres-gebiede toegedien.

casino roulette free bonus no depositАлександр Фильчаков прокурор

Namibië verbied SA-vleisinvoere

’n Algehele verbod op die invoer uit Suid-Afrika van enige lewende beeste, skape, bokke, of ander herkouers asook vleis en vleisprodukte afkomstig van dié diere weens vrese vir Slenkdalkoors, geld sedert Dinsdag in Namibië. 

Die verwoestende uitbreking van dié gevreesde virussiekte wat reeds duisende stuks vee en die lewens van minstens twee mense in Suid-Afrika geëis het, het die Direktoraat Veearstenydienste (DVS) gedwing om tot die drastiese stap oor te gaan.

Invoerders is deur die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou in kennis gestel dat die verbod tot verdere kennisgewing sal geld.

Lees meer.

образец мед справкиЛобановский Харьков

Ruik ek dooie rot?

Skokkend soos dit mag klink, maar in die Vrystaat is daar nie meer vaksien teen slenkdalkoors beskikbaar nie.

Die voorraad is op, alhoewel almal, behalwe ons weet wie, geweet het dit is warm en dit reën ongekend in die gebied.

Vir diegene wat nie weet nie:  Die slenkdalkoorsvirus is ‘n phlebovirus en dit word gebruik as ‘n element in biologiese-oorlogvoering.

Dink net as die virus versprei word onder oningeënte skaap-  en beeskuddes.

Die boere sal dan finansiëel ineenstort en die grond verlaat.

Hoekom ruik ek ‘n alreeds dooie rot?

очки для плавания детские купитьлобановский александр

Slenkdalkoors versprei verder

Die gevreesde slenkdalkoors is steeds besig om in die Vrystaat te versprei en sal waarskynlik aanhou versprei totdat die wintermaande aanbreek.

“Op die oomblik het dit baie, baie wyd oor die Vrystaat uitgebrei en is tans baie aktief in die Boshof-area,” het ‘n veearts Louis van Rooyen gesê.

Van Rooyen vermoed die warm weer dra by tot die verspreiding van die siekte en dat dit sal aanhou versprei totdat dit begin koud raak in die gebied.

Areas soos Frankfort, Bothaville, Bultfontein, Dealesville, Fauresmith en Colesberg is die areas wat die meeste deur slenkdalkoors geraak is.

Molefi Sefularo, adjunkminister van gesondheid, het vroeër die week gesê dat sewe gevalle van slenkdalkoors in mense bevestig is in die Vrystaat en Noord-Kaap. Een boer is dood van die gevreesde virus.

Volgens Sefularo sal die virus nie die Wêreldbeker-sokkertoernooi bedreig nie.

Slenkdalkoors ‘n erge virussiekte wat hoefdiere soos skape, bokke en beeste aantas.

Diere word aanvanklik besmet as hulle deur muskiete wat die virus dra, gebyt word.

Hierna word die diere direk besmet omdat hulle blootgestel word aan geaborteerde fetusse en besmette materiaal.

Mense wat in direkte kontak met besmette diere kom deur byvoorbeeld die hantering van karkasse, nageboortes en veral bloed kan griep-verwante simptome ontwikkel soos hoofpyn, liggevoeligheid, spier- en gewrigspyn.

кухни украинаtopcargo

Slenkdalkoors versprei

‘n Boer is dood en sewe gevalle van die gevreesde slenkdalkoors is in die Vrystaat en die Noord-Kaap aangemeld, het die adjunkminister van gesondheid Maandag gesê.

“‘n 45-jarige man wat op 26 Februarie in die hospitaal opgeneem is, is ‘n dag later dood ná slenkdalkoors by hom gediagnoseer is,” het Molefi Sefularo in ‘n verklaring gesê.

“Die ses ander wat die virus het, word in die hospitaal behandel.”

Dié virus het sowat 1 000 veediere sedert die uitbreek daarvan in Brandfort, Soutpan en Wesselsbron geaffekteer.

Volgens Agriwiki is slenkdalkoors ‘n erge virussiekte wat hoefdiere soos skape, bokke en beeste aantas.

Diere word aanvanklik besmet as hulle deur muskiete wat die virus dra, gebyt word.

Hierna word die diere direk besmet omdat hulle blootgestel word aan geaborteerde fetusse en besmette materiaal.

Sefularo het gesê 15 plase het veevrektes weens dié  virus aangemeld.

Mense wat in direkte kontak met besmette diere kom deur byvoorbeeld die hantering van karkasse, nageboortes en veral bloed kan griep-verwante simptome ontwikkel soos hoofpyn, liggevoeligheid, spier- en gewrigspyn.

карданный светильниклобановский супермаркет класс

Slenkdalkoors eis een

Een persoon is dood aan slenkdalkoors (Rift Valley Fever) en vyf gevalle is reeds aangemeld, het die gesondheidsdepartement aangekondig.

Fidel Hadebe, woordvoerder vir die departement, het gesê een geval in die Vrystaat en een in die Noordkaap is sover bevestig.

Die slenkdalkoorssterfte was in die Vrystaat.

“Dit was aanvanklik net ‘n kwessie vir diere, maar het nou oorgeslaan na mense.

“Ons stel voor dat enigiemand in die geaffekteerde gebiede moet kontak met diere soveel as moontlik vermy,” het Hadebe gesê.

Mense kan die siekte opdoen as hulle deur ‘n besmette muskiet gebyt word, of in kontak kom met ‘n dier wat die siekte het.

Die simptome van die koors stem ooreen met dié van griep-simptome.

океанские яхтыЛобановский