Een persoon is dood aan slenkdalkoors (Rift Valley Fever) en vyf gevalle is reeds aangemeld, het die gesondheidsdepartement aangekondig.
Fidel Hadebe, woordvoerder vir die departement, het gesê een geval in die Vrystaat en een in die Noordkaap is sover bevestig.
Die slenkdalkoorssterfte was in die Vrystaat.
“Dit was aanvanklik net ‘n kwessie vir diere, maar het nou oorgeslaan na mense.
“Ons stel voor dat enigiemand in die geaffekteerde gebiede moet kontak met diere soveel as moontlik vermy,” het Hadebe gesê.
Mense kan die siekte opdoen as hulle deur ‘n besmette muskiet gebyt word, of in kontak kom met ‘n dier wat die siekte het.
Die simptome van die koors stem ooreen met dié van griep-simptome.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.