praag.co.za

Nog ‘n buitelander sterf in plaasmoord

Written by

in

Die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA het met afgryse gereageer op die moord van nog ‘n buitelander tydens ‘n plaasaanval in Suid-Afrika.

“Nie alleen is daar ‘n halsstarrige swye aan die kant van die regering oor plaasmoorde in die besonder en moorde in die algemeen nie, daar is ook geen teken dat Suid-Afrika protokol volg om deur diplomatieke notas simpatie met die regerings en mense van die lande van herkoms van die slagoffers te simpatiseer nie. Is die skyn van utopie met die oog op die komende sokkertoernooi  werklik vir die regering belangriker as sy eie mense en besoekers se veiligheid?” vra ds. Theunis Botha. Leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en die waarnemende voorsitter van die CDA.

Hy het gereageer op die nuus dat ‘n die lyk van ‘n Kanadese burger, die 70-jarige mnr. Ron Smith, vasgebind en met ‘n skietwond aan sy knie op sy kleinhoewe by BelaBela aangetref is.

“Dit is die derde plaasmoord in vier dae in Limpopo,” sê Botha. “Deurdat die regering nie sy diplomatieke protokol uitvoer nie, of andersins swyg dat die prosesse wel gevolg word, word die indruk geskep dat die regering harteloos teenoor die moorde staan, soos ook teenoor die slagting waaraan sy eie burgers blootgestel word.”

 

deposit mobileалександр лобановский супермаркет класс

Comments

Leave a Reply