‘Skiet die boer is in ballingskap’: Malema

Die woorde “Dubula ibhunu [skiet die boer]” is in “ballingskap”, en sal nie in Suid-Afrika gesing word nie, het die ANC se jeugligapresident Julius Malema Donderdag in Johannesburg gesê. “Maar ons sal voortgaan om dit buite Suid-Afrika te sing. Die lied is nou in ballingskap. Wanneer ons dit wil geniet, sal ons in  ballingskap gaan

Lees verder: ‘Skiet die boer is in ballingskap’: Malema

ET moet in die see begrawe word sê Payco

Die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’Blanche moet begrawe word in die see omdat hy nie verdien om begrawe te word op die Afrikabodem nie, het PAC se Jeugkongres, Payco, gister gesê. “ET [sy bynaam] verdien nie om begrawe te word in Afrika se grond nie. Hy moet iewers begrawe word in sy Volkstaat in die Indiese

Lees verder: ET moet in die see begrawe word sê Payco

Cosatu ruk op vir ‘beplande aanval’ teen swartes

Polisiewoordvoerder Adele Myburgh het gesê die polisie sal ‘n wakende oog hou op die Tsing-lokasie, waar Cosatu “‘n dringende massavergadering met plaaswerkers, plaasbewoners en die Ventersdorpgemeenskappe” gereël het om saam te val met Eugene Terre’Blanche se begrafnis. “Ons kan nie ‘n organisasie verhoed om ‘n vergadering te hou nie,” het Myburgh gesê. “Maar ons het

Lees verder: Cosatu ruk op vir ‘beplande aanval’ teen swartes

Verhouding tussen ET en twee moordenaars was ‘vriendelik’

Eugene Terre’Blanche het die oggend, ure vóór sy wrede dood, drank by die drankwinkel in Ventersdorp gekoop asook drie pakkies rookgoed en vuurhoutjies in die geselskap van sy moordenaars, berig Die Burger. ’n Werknemer by die winkel sê die verhouding tussen Terre’Blanche en sy twee werkers was gemoedelik en daar was hoegenaamd geen teken van

Lees verder: Verhouding tussen ET en twee moordenaars was ‘vriendelik’

Malema daag verregses uit om hom uit te haal

Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het ‘n BBC-joernalis uit ‘n perskonferensie uitgejaag en voorts gesê; “Ek daag enige verregse in hierdie kamer uit om my nou uit te haal.” Die joernalis, Jonah Fisher, het glo probeer om Malema ‘n vraag te vra terwyl hy besig was om te praat. Malema het hom vererg

Lees verder: Malema daag verregses uit om hom uit te haal

Premier, burgemeester sing lustig omstrede lied

Na-apers van Malema moet ook, net soos Julius Malema, vervolg word. Dit was die reaksie van mnr Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng en lid van die Provinsiale Wetgewer. Dit volg nadat die minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, die Premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane en die burgemeester van die Tshwane Metro, Gwen

Lees verder: Premier, burgemeester sing lustig omstrede lied

Veiligheid vir ET-begrafnis opgeskerp

Brandweervoertuie, ambulanse en verskeie polisie-eenhede word na Ventersdorp gestuur voor die begrafnis van die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche. Volgens kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is die polisie gereed vir enigiets in Ventersdorp. “Addisionele ambulanse, die brandweerdienste en verskeie polisie-eenhede word nou na die dorp ontplooi,” het sy buite die Afrikaanse Protestante Kerk gesê vanwaar Terre’Blanche begrawe

Lees verder: Veiligheid vir ET-begrafnis opgeskerp

AWB-gas storm uit ateljee

Die AWB se sekretaris-generaal, is uit die ateljee van die eNews-program-Afrika 360 vergesel, nadat hy glo aanbieder en politieke ontleder Lebohang Pheko Woensdag gedreig het. André Visagie, wat ‘n gas op die nuusprogram was, het sy mikrofoon afgeruk en dit op die vloer gegooi. Visagie het gekla dat die aanbieder hom nie die geleentheid gun

Lees verder: AWB-gas storm uit ateljee