Cosatu ruk op vir ‘beplande aanval’ teen swartes

Polisiewoordvoerder Adele Myburgh het gesê die polisie sal ‘n wakende oog hou op die Tsing-lokasie, waar Cosatu “‘n dringende massavergadering met plaaswerkers, plaasbewoners en die Ventersdorpgemeenskappe” gereël het om saam te val met Eugene Terre’Blanche se begrafnis.

“Ons kan nie ‘n organisasie verhoed om ‘n vergadering te hou nie,” het Myburgh gesê.

“Maar ons het baie polisielede ontplooi vir Vrydag en hulle sal waak oor die lokasie ook.”

Cosatu se provinsiale sekretaris van Noordwes Solly Phetoe, sê die doel van die vergadering is om te verseker dat die plaaswerkers, plaasinwoners en die gemeenskappe rondom Ventersdorp gedissiplineerd bly en veilig is, en “het ooreengekom oor die benadering om te volg met die huidige krisis en die beplande aanval op plaaswerkers, inwoners en gemeenskappe. “

Phetoe sê die vergadering het ook bespreek wat hulle benadering tot die volgende hofverskyning van Terre’Blanche se vermeende moordenaars gaan wees.

Gastehuise in Ventersdorp is vol bespreek, meestal deur joernaliste wat sou kom van so ver as Spanje, Frankryk, Duitsland en Swede.

Die Britse Daily Star-koerant het onder die titel “Wêreldbekerkapmesbedreiging” gewaarsku teen “rondgaande bendes met kapmesse in die strate” van Suid-Afrika ná die moord op Terre’Blanche.

Die dagblad skryf dat ‘n “burgeroorlog” kan uitbreek, en Suid-Afrika se aanbieding van die Wêreldbeker kan kelder.

Myburgh het gesê die polisie sal in die gebied bly “solank hulle nodig is”.

Die begrafnisdiens sal plaasvind by die Afrikaanse Protestantse Kerk die middag.

Terre’Blanche sal dan begrawe word op sy plaas buite Ventersdorp.

Noordwespremier Maureen Modiselle sal na verwagting die begrafnis bywoon.

гайковертФильчаков прокурор харькова