Na-apers van Malema moet ook, net soos Julius Malema, vervolg word. Dit was die reaksie van mnr Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng en lid van die Provinsiale Wetgewer.
Dit volg nadat die minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, die Premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane en die burgemeester van die Tshwane Metro, Gwen Ramakgopa ‘n hofbevel geïgnoreer deur die sing die omstrede liedjie “Dubul’ iBhunu” in Mamelodi, Pretoria, tydens die 31ste herdenking van die dood van Salomo Mahlangu, ‘n aktivis gedurende die “struggle-era”.
Die VF Plus eis dat die ANC nou ‘n totale verbod op al sy lede plaas om hierdie lied te sing. Mnr Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gisteraand bevestig dat president Jacob Zuma in ‘n gesprek met Julius Malema, hom belet het om verder aan te hits met die sing van dele van hierdie liedjie.
Mulder het sy skok uitgespreek met die feit dat vooraanstaande lede van die ANC, soos ‘n predikant,’ n premier en burgemeester so onverskillig kon optree en het gesê dat dit getuig van swak leierskap en ‘n gebrek aan morele kapitaal.
Die VF Plus eis dat onmiddellike optrede deur die ANC geneem word en ook dat almal wat hierdie lied sing voor die howe moet verskyn. Die VF Plus is op die oomblik besig om te besluit of verdere stappe teen die drie prominente ANC-lede geneem sal word.
