Veiligheid vir ET-begrafnis opgeskerp

Brandweervoertuie, ambulanse en verskeie polisie-eenhede word na Ventersdorp gestuur voor die begrafnis van die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.

Volgens kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is die polisie gereed vir enigiets in Ventersdorp.

“Addisionele ambulanse, die brandweerdienste en verskeie polisie-eenhede word nou na die dorp ontplooi,” het sy buite die Afrikaanse Protestante Kerk gesê vanwaar Terre’Blanche begrawe sal word.

Na die begrafnis sal Terre’Blanche op sy plaas ter ruste gelê word. Sy gesin het glo vir die polisie gevra om aan hulle beskerming te verskaf tydens die verloop van verrigtinge.

Maureen Modiselle, Noordwes-premier, sal na bewering die begrafnis bywoon. Terre’Blanche se familie het haar bywoning goedgekeur.

Heelwat internasionale media word by die begrafnis verwag.

Ventersdorp was Woensdag kalm, nadat wit en swart betogers die vorige dag woedend buite die plaaslike hof oproerig geraak het.

free games win money no depositАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae