Verhouding tussen ET en twee moordenaars was ‘vriendelik’

Eugene Terre’Blanche het die oggend, ure vóór sy wrede dood, drank by die drankwinkel in Ventersdorp gekoop asook drie pakkies rookgoed en vuurhoutjies in die geselskap van sy moordenaars, berig Die Burger.

’n Werknemer by die winkel sê die verhouding tussen Terre’Blanche en sy twee werkers was gemoedelik en daar was hoegenaamd geen teken van enige spanning of konflik nie.

Volgens Terre’Blanche se dogter het hy met die twee ooreengekom om hulle ná die langnaweek vir werk wat hulle in Maart gelewer het, te betaal.

Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het volgens die dagblad gesê die polisie is bewus van die drie se besoek aan die drankwinkel “en dit vorm deel van die ondersoek”. Sy wou geen verdere kommentaar lewer nie.

Terre’Blanche is dieselfde middag dood op sy bed aangetref waar hy op sy plaas met ’n panga doodgekap is. Sy gesig was onherkenbaar geskend en sy broek was afgetrek.

Die twee verdagtes het eergister in die landdroshof in Ventersdorp verskyn. Die saak is tot 14 April uitgestel.

детский магазин игрушекАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae