Die Reserwebank het Donderdag rentekoerse met ‘n halwe persentasiepunt verlaag. Alhoewel die ekonomie stadige tekens van ‘n herstel in groei toon, is dit nog nie robuust genoeg om rentekoerse op huidige vlakke te hou nie, het die Reserwebank besluit. Die repokoers is van 7% tot 6,5% verlaag. Die prima-oortrekkingskoers van handelsbanke sal van 10,5% tot
Etiekdebat doodgebore
Die misdaad en veral geweldsmisdaad wat die land teister word dikwels toegeskryf aan ‘n morele verval. Iemand wat bloot honger is, sal byvoorbeeld nie ‘n luukse motor kaap en die bestuurder doodskiet bloot om kos vir hom en sy gesin te kry nie. Of boere op plase deur die slaapkamervensters skiet sonder om iets te
Ernie wil nie oor Tiger praat nie
Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Ernie Els het weggeskram van sy beskrywing van Tiger Woods as “selfsugtig”, maar steeds die uitwerking wat die Woods-skandale op die sport én sy spelers het, beklemtoon. Els het op die vooraand van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi gesê sy uitlatings verlede maand was meer gemik op Woods se tydsberekening van sy openbare verskoning,
Nuwe mensspesie ontdek
‘n Nuwe mensspesie is in Rusland ontdek nadat DNS-toetse op ‘n vingerbeen gedoen is. Die been is in Siberië opgegrawe, het wetenskaplikes in Duitsland Woensdag gesê. Die mens, wat omtrent 30 000 jaar gelede geleef het, het nie aan die Homo sapiens-spesie behoort nie – die enigste vorm van menslike lewe vandag. Die persoon was
PRAAG vertaal Disqus in Afrikaans
PRAAG het ‘n rukkie gelede die internasionale kommentaarstelsel vir webwerwe, Disqus, in Afrikaans vertaal. Van gisteraand af is die eerste Afrikaanse weergawe van Disqus lewendig op praag.co.za. “PRAAG stel hom ten doel om Afrikaans sover moontlik op die internet te bevorder. Ons het aanvanklik Disqus in die Nederlandse weergawe op ons webwerf gebruik, maar toe
Bejaardes ernstig beseer in jongste plaasaanval
’n Bejaarde egpaar van Nelspruit is ernstig beseer in die jongste plaasaanval. Tina Muller (82) is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal met ernstige hoofbeserings, terwyl haar man, Steward Jonker (81), ’n eiendomsagent, ook ernstig beseer is. Die twee is waarskynlik in die nag in hul huis op die Ooswes-boerdery in die Sterkspruit-omgewing aangerand.
Lees verder: Bejaardes ernstig beseer in jongste plaasaanval
Gorillas toenemend bedreig
‘n Vorige studie wat in 2002 voltooi is het getoon dat slegs 10% van die gorilla-bevolking teen 2030 nog sal leef. Maar volgens die skrywer van die nuutste verslag wil dit blyk of dié syfers nog meer sal afneem. “Ons vrees nou dat gorillas binne die volgende 15 jaar in meeste dele heeltemal uitgewis sal
MPLA sloop 3000 wonings
Angola se regerende party, die MPLA, het Woensdag bekendgemaak dat hulle ‘n span sal uitstuur om ondersoek in te stel nadat sowat 3000 gesinne in Lubango se wonings gesloop is. Verskeie aktiviste het gedreig om te betoog indien die plaaslike regering nie dadelik iets omtrent die situasie doen nie. Die sloping het vroeg in Maart
Kruger-leeu eet wilddief
Twee vermeende wilddiewe is in hegtenis geneem en ‘n derde is glo verlede week deur ‘n leeu in die Krugerwildtuin opgeëet. Volgens die twee mans wat in hegtenis geneem is, het die trio op die nag van 12 Maart na die park gegaan om lokvalle vir die diere te stel, het William Mabasa, ‘n woordvoerder
EU skenk miljarde aan Haïti
Die Europese Unie sal nagenoeg R10 miljard aan Haïti in die volgende paar jaar skenk om te help met ontwikkeling. Catherine Ashton, die EU se hoof van buitelandse sake, sê sy sal hierdie bedrag namens die EU volgende week by ‘n konferensie in New York, oorhandig. Volgens Ashton benodig dié land langtermyn hulp vir ontwikkeling.
