MPLA sloop 3000 wonings

Angola se regerende party, die MPLA, het Woensdag bekendgemaak dat hulle ‘n span sal uitstuur om ondersoek in te stel nadat sowat 3000 gesinne in Lubango se wonings gesloop is.

Verskeie aktiviste het gedreig om te betoog indien die plaaslike regering nie dadelik iets omtrent die situasie doen nie.

Die sloping het vroeg in Maart begin en verskeie hutte wat onwettig opgerig is, is gesloop. Dié hutte was glo langs ‘n treinspoor gebou wat nie meer gebruik word nie.

Die onafhanklike media en aktivistegroepe het die slopings streng gekritiseer ten spyte van die feit dat die amptelike media teen Woensdag nog nie ‘n woord daaroor berig het nie.

“Daar sal ‘n groep verteenwoordigers van ons parlement na die Huila-provinsie gaan om ‘n verslag saam te stel. Ons hoop om so beter te verstaan wat daar aan die gang is,” het die regerende party se woordvoerder, Ventura De Azevedo, tydens ‘n radio-uitsending gesê.

Die regering wil glo die treinspoor weer oopstel sodat dit Menongue met Namibië kan verbind.

free bet noлобановский александр биография