Gorillas toenemend bedreig

‘n Vorige studie wat in 2002 voltooi is het getoon dat slegs 10% van die gorilla-bevolking teen 2030 nog sal leef.

Maar volgens die skrywer van die nuutste verslag wil dit blyk of dié syfers nog meer sal afneem.

“Ons vrees nou dat gorillas binne die volgende 15 jaar in meeste dele heeltemal uitgewis sal wees,” het Christian Nelleman, van die VN se omgewingsprogram, gesê.

Die skielike toename in onwettige bos- en mynbou is ook besig om die gorillas se natuurlike habitat uit te wis.

Die verslag getiteld; “The Last Stand of The Gorilla” het getoon dat dit moeilik is om die gorillas te beskerm omdat heelwat rebelle-groepe in hierdie gebied bedrywig is.

Die dodelike ebola-virus en die toename in die menslike bevolking hou ook ‘n gevaar vir die gorillas in.

верхняя одежда для девочки 8 летЛобановский