Beeld berig dat misdaad met ‘n verblydende tot 70% afgeneem het tydens die SWB, luidens ‘n veiligheidsmaatskappy. Natuurlik is laasgenoemde goeie nuus, maar dit verteenwoordig andersyds ‘n raaisel. Mens sou presies die teenoorgestelde verwag het, siende hoe heelwat van die polisie ontplooi is om die stadia en die besoekers aan die SWB te beveilig. In
Brasiliaanse sokkerster voer opgekapte meisie aan honde
Bruno, die swart Brasiliaanse sokkerster, het glo sy eksmeisie Eliza Samudio wreed vermoor, haar liggaam in stukke opgekap en aan honde gevoer, berig die BBC. Hy is die doelwagter van ‘n Brasiliaanse ligasokkerspan wat ook die land se verdedigende kampioenspan is. Die Flamengo’s is tans die gewilde sokkerklub in Rio de Janeiro. Samudio is vermoedelik
Lees verder: Brasiliaanse sokkerster voer opgekapte meisie aan honde
Polisielede geskors na seks met gevangene
Twee senior beamptes van Durban se Westville-gevangenis is geskors nadat ‘n polisieman klaarblyklik seks gehad het met ‘n vroulike gevangene. Die betrokke polisieman is in hegtenis geneem, het Manelis Wolesa, woordvoerder vir die Westville-gevangenes, gesê. Die tronk se gebiedskommissaris sowel as die hoof van Westville se vroue-afdeling is die 23ste Junie geskors. “Hulle is geskors
Mugabe, Mswati by WB-eindstryd
Nagenoeg 14 presidente uit Afrika, ‘n koning, koningin en ‘n prins sal na verwagting Sondag se Wêreldbeker-finaal tussen Spanje en Nederland bywoon, het Fifa Saterdag in ‘n verklaring gesê. Die gastelys sal koningin Sofia van Spanje en die uittredende eerste minister van Nederland, Jan Peter Balkenende, insluit wat die twee boonste spanne kom ondersteun. Robert
Deutschland Jawohl, Uruguay Eisj
Gietende reën en ‘n sopnat veld in Port Elisabeth was waarskynlik die vernaamste rede hoekom Duitsland en Uruguay nie die tipiese vrye spel gelewer het wat tradisioneel in die uitspeelwedstryd uitgestal word om die wêreldbeker se derde en vierde plekke te bepaal nie. Maar dan was daar ook die Duitsers se vasbeslotenheid om met ‘n
Johan van der Merwe heropen die verlede
In Trou tot die dood toe – die Suid-Afrikaanse Polisiemag, heropen die laaste polisiekommissaris onder die ou bedeling, Johan van der Merwe, die verlede. Nie net verklap hy al die polisie se geheime rondom die stryd teen ANC-aktiviste en -terreur nie, maar hy gee ook ‘n boeiende insig in die optrede van P.W. Botha, Adriaan
ET-moordverdagte verskyn vlugtig
Die 15-jarige verdagte wat van die moord op Eugene Terre’Blanche aangekla word, het dié week in die landdroshof op Ventersdorp verskyn, het die nasionale vervolgingsgesag gesê. “Daar is niks belangriks in die hof gesê nie. Die seun was net in die hof vir sy 30-dae opvolg en die landdros het bevind dat sy toestand bevredigend
Rowers vermom as polisielede beroof huis
Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het om toegang tot ‘n huis in Vanderbijlpark te verkry, het die polisie Donderdag in Gauteng gesê. Volgens kapt. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, was die vier mans deel van ‘n groep van tien verdagtes wat ‘n man van Vanderbijlpark Maandag in sy huis beroof
Ander sy van afname in misdaad
Ongeveer ‘n week na die polisie in Bloemfontein aanspraak gemaak het daarop dat misdaad vir die duur van die wêreldbeker-sokkertoernooi skerp gedaal het, is soortgelyke aansprake vir Johannesburg en Pretoria gemaak. Die interessante is dat dit nou ‘n veiligheidsmaatskappy is wat hierdie jongste aansprake maak. Misdaad is veiligheidsmaatskappye se brood en botter. In elke geval
Misdaad neem merkbaar af tydens WB
Die besturende direkteur van die veiligheidsmaatskappy ADT in Pretoria, Clive Humphrey, het Donderdag gesê geweldsmisdaad in Pretoria het oral afgeneem. Dié verskynsel is ook waarneembaar in Johannesburg. In sommige gevalle het misdaad met soveel as 70% afgeneem, berig Beeld. Humphrey sê die suide van Pretoria en Centurion is merkbaar veiliger. Die polisie het egter nog
