Kan Afrikaners wat met die seëvierende ANC ten nadele van hul eie mense saamwerk, vergelyk word met Europese meelopers met kommunisme en fascisme?
Daar word dikwels bespiegel dat politieke figure die produkte is van die tyd waarin hulle leef. Joseph McCarthy is geen uitsondering op die reël nie. Dié Amerikaanse senator is vandag steeds, jare na sy dood, ’n berugte figuur in die Amerikaanse politieke landskap. Hy word selfs beskou as die mees onbeholpe senator wat nog in die Amerikaanse Senaat gesit het. Sy misbruik van mag word vandag onthou as die skelwoord “McCarthy-ism” rondgeslinger word in die bekgevegte tussen Amerikaners, of deur ander Westerse politici in Europa.
Om McCarthy beter te verstaan, moet mens miskien met die einde van die Tweede Wêreldoorlog by Potsdam begin. Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Truman, Churchill en Stalin ’n ooreenkoms by Potsdam onderhandel wat die wêreld ná die oorlog sou orden. Die ooreenkoms het ’n diep kloof tussen die Weste en die Kommunistiese Blok geopenbaar, waarna die Koue Oorlog in 1945 uitgebreek het.

Sedert 1994 is verbete pogings aangewend om die Afrikaner uit die SA geskiedenis uit te skryf, Afrikaans en die Afrikaneridentiteit te onderdruk en ons stelselmatig na die rand van die openbare lewe te verdryf. Onlangse verwikkelinge toon egter dat dié strategie besig is om te faal. In ’n hoë mate lyk dit asof die besef besig is om te terug te keer dat die Afrikaner die sleutels van Suid-Afrika se toekoms in sy hand hou.