Die trekkers het volgens Op Trek (redakteur J. Celestine Pretorius) in groepies getrek en gekampeer omdat daar nie weiding vir almal se vee was nie. Sulke groepe het oor en weer gekuier, koffie gedrink en soms saamgeëet, soos op Nuwejaar. Wanneer gevaar dreig, het die geselskappe gekonsolideer. Die meeste trekkers wat in vyandelikhede dood is, se waens was in klein groepies uitgespan en nie in 'n laer saamgetrek nie. Tog was daar hardkoppiges wat nie in groot laers wou saamtrek nie. Die klassieke vorm vir die walaer was die sirkel, met soms 'n kleiner sirkel binnekant vir beskerming van die vroue en kinders.
By die uitspanplek

Die oë van die wêreld sal vandag op die Nasionale Stadion in Beijing gerig wees, wat andersins bekendstaan as die Voëlnes.