Die Beweging vir Demokratiese Verandering in Zimbabwe, oftewel MDC, loop steeds voor president Robert Mugabe se ZANU PF met ‘n kwart van die setels na die naweek se verkiesing.
W?reld staan voor voedselkrisis
Hoewel droogte, ‘n dalende dollar, ‘n verskuiwing van beleggersfondse na kommoditeite en die gebruik van plase om brandstof te produseer tot voedseltekorte bydra, verteenwoordig bevolkingsgroei en Sjina se rykdom die kommerwekkendste langtermynuitdagings.
Zuma het swak karakter, s? Pityana
Barney Pityana, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se rektor, het die Regsvereniging in Stellenbosch Maandag meegedeel dat Jacob Zuma nie vertroue inboesem nie.
Britte beangs sonder selfone
Meer as die helfte van Britte voel angstig as hulle nie selfoonontvangs geniet nie. Hulle voel ewe ontredderd indien hulle hul selfone sou verloor, die battery sou pap word of indien hulle geen lugtyd meer sou hê nie.
Nuwe choleragevalle in Kenia
Nege-en-dertig mense is die afgelope paar weke in Kenia dood weens cholera en gesondheidswerkers vrees ‘n nuwe uitbraak, het ‘n senior gesondheidsbeampte Sondag gesê.
Obama se voorsprong rek
‘n Nuwe meningspeiling wys dat Barak Obama sy voorsprong oor sy medepartygenoot, Hillary Clinton, vergroot het met 52% teenoor 42%.
Hulp verswak Afrikaregerings
‘n Britse afvaardiging wat tans deur Afrika toer, die Africa All Party Parliamentary Group, het in ‘n 69-bladsy verslag aangedui dat buitelandse hulp Afrika se demokrasieë verswak het omdat dit regerings minder aanspreeklik teenoor hulle kiesers maak.
SAUK-verslaggewers ontvang doodsdreigemente
Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie het gister gesê dat doodsdreigemente teen senior politieke verslaggewers in ‘n ernstige lig beskou word.
Vyf dood in spoorwegongelukke
Vier mense is gedood toe ‘n bakkie Sondag deur ‘n trein naby Lichtenburg by ‘n spoorwegoorgang getref is.
Durban se strande vuil en ongesond
Durban se strande het hul Blou Vlagstatus verloor weens menslike ontlasting in die water, asook slordige en vuil strande. Die Blou Vlag-toekennings geskied internasionaal en word deur ‘n Deense nie-regeringsorganisasie bekend as die Stigting vir Omgewingsopvoeding behartig.
