BHP Billiton en Standardbank in elektrisiteitsrusie

Die globale mynmaatskappy BHP Billiton het besluit om R2,4 miljard se jaarlikse sake van Standardbank te onttrek nadat ‘n senior beampte van die bank onlangs voorgestel het dat Billiton se aluminiumsmelter by Hillside in Natal gesluit word om elektrisiteit te bespaar.

Lees verder: BHP Billiton en Standardbank in elektrisiteitsrusie

Wapentransaksie weer onder loep

Die weeklikse koerant, die Mail & Guardian, het onthul dat die Skerpioene onlangs ‘n ondersoek aanhangig gemaak het om die multimiljardrandaankope van opleidingstralers en vegvliegtuie van die Britse maatskappy BAE Systems en Swede se Saab, vir ongerymdhede na te gaan.

Lees verder: Wapentransaksie weer onder loep

Ons is moeg vir propaganda

Dit wil vir my voorkom asof Volksblad die ware gevoel van die Boerevolk hierdie week ontdek het met die stemmery oor die Volksblad se geloofwaardigheid. Nie minder nie as 66% het gestem dat die Vryheidsfront Plus se aantygings teen die Volksblad regverdig en raak is.
Hierdie is die ware gevoel van die volk wat julle tot stand gebring het en nog daagliks kos op julle tafels sit.

Lees verder: Ons is moeg vir propaganda