Wapentransaksie weer onder loep

Die weeklikse koerant, die Mail & Guardian, het onthul dat die Skerpioene onlangs ‘n ondersoek aanhangig gemaak het om die multimiljardrandaankope van opleidingstralers en vegvliegtuie van die Britse maatskappy BAE Systems en Swede se Saab, vir ongerymdhede na te gaan.

Die kontrak se huidige waarde van R30 miljard, was die grootste enkele bedrag in die hele wapenaankooptransaksie.

Die koerant beweer dat sekere betalings wat BAE gemaak het, die R500 000 jaarlikse fooi wat ANC-president, Jacob Zuma, van Thales ontvang het, verdwerg. Daarby moet ‘n verdere R200 miljoen van die Duitsers vir oorlogsvaartuie bygevoeg word.

Brittanje se Kantoor vir Ernstige Misdrywe ondersoek BAE ook tans oor ‘n bedrag van meer as R1 miljard se omkoopgeld in die Suid-Afrikaanse transaksie.

моечное оборудование для автомойкиФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae