Ons is moeg vir propaganda

Dit wil vir my voorkom asof Volksblad die ware gevoel van die Boerevolk hierdie week ontdek het met die stemmery oor die Volksblad se geloofwaardigheid. Nie minder nie as 66% het gestem dat die Vryheidsfront Plus se aantygings teen die Volksblad regverdig en raak is.
Hierdie is die ware gevoel van die volk wat julle tot stand gebring het en nog daagliks kos op julle tafels sit.
Ons is moeg daarvan om daagliks vertrap te word met ANC-propaganda en die doodse swye oor die volksmoord wat ons volk uitroei. Daar word van die Afrikaanse pers verwag om ook sterk standpunt in te neem teenoor die swart terroristiese bedrywighede wat openlik in ons land plaasvind onder die dekmantel van gewone misdaad.
Ons verwag van Volksblad en Beeld om op te hou om die waarheid toe te smeer en openlik die ras van hierdie boewe in hulle berigte te meld. Ons verwag ook dat hierdie berigte aan die groot klok gehang moet word en dit ten sterkste afgekeur moet word.

Verder moet Volksblad en Beeld ook hierdie moorde, verkragtings en martelings gebruik as teenvoeter vir die swart propaganda wat in ons volk se keel afgedwing word.

Daar is vir meer as twee weke geteem oor die video by UV, maar volksmoord en martelings van weerbare ou mense verskyn op bl. 4  van die daaglikse uitgawe. Hoekom word hierdie berigte nie ook holrug gery nie? Hoekom word in hierdie berigte nie ook die ras van die misdadigers genoem nie? Hoekom word hierdie berigte nie ook aangewend as teenpropaganda teen hierdie swart regering nie?

Staan op Volksblad. Staan op Beeld. Julle het nie nodig om agter die liberale mening aan te hardloop nie. Die Boerevolk het julle nog al die jare gedra. Moet nie jou herkoms verag nie. Dit mag dalk jou toekoms bepaal.
Ek hoop dat hierdie stemming wat Volksblad geplaas het die ware gevoel van die volk sal oordra en dat dit Volksblad en Beeld se oë sal oopmaak. Met toe oë storm julle op die afgrond af.

оборудование ценыФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae