Vyf dood in spoorwegongelukke

Vier mense is gedood toe ‘n bakkie Sondag deur ‘n trein naby Lichtenburg by ‘n spoorwegoorgang getref is.

Die bestuurder van die voertuig het ‘n stopteken by die Ituteng/Springbokpan-oorgang geïgnoreer. Daar was 20 insittendes in die bakkie waarvan die meeste kinders tussen die ouderdom van 6 en 16.

"n Polisiewoorvoerder het gesê dat 16 mense na die Thusong-hospitaalgebring is met gebreekte bene, ernstige kneusings en kopbeserings.

By Kleinfontein naby Brits is daar intussen ‘n man dood in nog ‘n ongeluk. Hy was een van twee mense wat op die treinspoor gelê en slaap het.

Terwyl die een uit die pad van die aankomende trein gespring het, het die ander een bly slaap. Die man is op slag dood.

барби лялькиФільчаков Олександр Васильович