09:31:27 Botswana se minister van buitelandse sake het Woensdag in 'n onderhoud gesê dat sy land bereid sal wees om Zimbabwe se opposisieleier toe te laat om daar te werk as leier in ballingskap.
Lees verder: Botswana kan aan Tsvangirai politieke asiel bied

Suid-Afrika se president Kgalema Motlnthe, het Maandag gewaarsku dat die dooiepunt in Zimbabwiese politiek die reeds sukkelende land verdere probleme op die hals kan haal, nadat hy nuwe samesprekinge aangekondig het om die gesprek in dié land weer aan die gang te kry.
09:05:20 Vandag begin die soveelste rondte "onderhandelings" tussen die Zimbabwiese opposisie en regering in Suid-Afrika. Vanuit die buiteland en veral die VSA het die druk op Mugabe om toegewings aan Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering te maak, toegeneem.