Suid-Afrika waarsku teen ineenstorting van Zimbabwe

ImageSuid-Afrika se president Kgalema Motlnthe, het Maandag gewaarsku dat die dooiepunt in Zimbabwiese politiek die reeds sukkelende land verdere probleme op die hals kan haal, nadat hy nuwe samesprekinge aangekondig het om die gesprek in dié land weer aan die gang te kry.


Motlanthe het gesê dat Zimbabwe se politieke teenstanders Dinsdag in Suid-Afrika sal ontmoet in die nuutste poging on die magsdelingsooreenkoms wat twee maande terug geteken is maar nooit geïmplementeer is nie, te red.

"Tensy die oorsaak van die afwesigheid van 'n wetlike regering nie opgelos word nie, gaan die situasie daar vererger, of dalk heeltemal ineenstort," het hy gesê.

Suid-Afrika se leier van die regerende party, Jacob Zuma, het gewaarsku dat die twee partye nou dringend 'n ooreenkoms moet bereik om die cholera-uitbraak wat reeds amper 300 mense dood gelaat het, op te los. Vier van die mense is in Suid-Afrika dood nadat hulle hierheen gekom het vir behandeling.

"Laat ons 'n manier vind om die ooreenkoms geïmplementeer te kry vir die Zimbabwiërs. Ons kan nie met die ooreenkoms saamstem sonder dat dit in werking gestel word nie. Dit is nou 'n dringende saak, aangesien mense doodgaan," het hy gesê.

Zuma het ook gesê hy gaan 'n sending van sy ANC-lede stuur om president Robert Mugabe se Zanu-PF en die MDC te oorreed om die ooreenkoms te aanvaar.

"Ons het nie hier te doen met 'n teoretiese situasie nie. Ons het hier te doen met 'n situasie wat die lewens van mense raak," het hy gesê.

Motlanthe en Zuma het gepraat nadat hulle met voormalige VN-sekretarisgeneraal Kofi Annan en voormalige Amerikaanse president Jimmy Carter vergader het. Laasgenoemde twee is visums geweier vir die humanitêre sending wat hulle vir verlede naweek beplan het.

Annan, Carter en Graça Machel, die vrou van voormalige Suid-Afrikaanse president, Nelson Mandela, het beplan om Zimbabwe te besoek om te kyk na maniere om die humanitêre krisis daar te verlig, maar hulle is deur die Mugabe regering toegang tot die land geweier.

"Die hele basisstruktuur het tot niet gegaan. Dit is alles aanduidings dat die krisis in Zimbabwe baie groter, baie erger is as wat ons ooit kon dink," het Carter gesê.

Die VN het gesê dat meer as 6 000 mense reeds cholera opgedoen het in Zimbabwe, wat 'n aanduiding is van hoe die verval van die nasionale infrastruktuur die basiese sanitasienetwerk vernietig het.  

современное лечение пародонтозаОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae