Soldate wil weer betoog

Soldate berei voor om aanstaande maand voor die Uniegebou in Pretoria te betoog en ‘n memorandum te oorhandig, het die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagtevakbond (Sasfu) gister in Pretoria gesê. Sasfu se Gautengse voorsitter Mfazwe Plaatjie het gesê die unie beplan ook regstappe teen die minister van verdediging en oorlogsveterane Lindiwe Sisulu omdat sy honderde soldate op spesiale

Lees verder: Soldate wil weer betoog

Die gevare van ‘n de facto-eenpartybedeling

Binne die politieke wetenskap doen ‘n sêding die rondte: “Die demokrasie is ‘n gemors, maar dis die beste gemors wat ons het.” Dat die oë van die land van vandag af vir die duur van die week op Durban gerig is, is tegelykertyd verstaanbaar en hartseer. Verstaanbaar, omdat die land se regerende party ‘n belangrike

Lees verder: Die gevare van ‘n de facto-eenpartybedeling

Absa daag ons uit

Die nuus dat Absa minder wit rugbyspelers in die Curriebeker wil sien, is geensins ‘n verrassing nie. Hoewel die bank intussen by monde van sy adjunk-uitvoerendehoof, mnr. Louis von Zeuner, ontken het dat hy ten gunste van rassekwotas is, het Absa tog duidelik sy anti-wit sentiment na buite gekommunikeer. Absa, wat deur Barclays van Brittanje

Lees verder: Absa daag ons uit

Pigspotter is onskuldig

Die Johannesburgse Metropolisie soek hoog en laag na ‘n blogger bekend as Pigspotter. Dis terloops snaaks dat hulle nie onpadwaardige taxi’s en hul bestuurders met heeltemal dieselfde ywer as Pigspotter probeer vervolg nie. Pigspotter het mense op Twitter gewaarsku teen padblokkades en spoedlokvalle, en volgens die Metropolisie kom dit neer op dwarsboming van die gereg.

Lees verder: Pigspotter is onskuldig

Professor is stil oor huidige polisie

Is dit nie opvallend hoe stil die spraaksame kopdoekie-professor is oor die huidige polisie (SAP en METRO) en hulle manewales en koste vir die gewone belastingbetaler nie? Miskien moet die einste geleerde hom daarvan vergewis dat die huidige polisie (SAP en METRO) die grootste enkele bedreiging vir die veiligheid en sekuriteit van die gewone burgery

Lees verder: Professor is stil oor huidige polisie

Eugene de Kock is nie enigste bron nie – repliek aan prof. Piet Croukamp

As ek na die professor se repliek kyk dan verbaas dit my dat ‘n persoon wat veronderstel is om ‘n akademikus te wees en met feite te werk hom op ‘n klomp snert verlaat en aan die hand daarvan wilde bewerings maak wat hy beslis nie met enige feite kan staaf nie. Ek kry die

Lees verder: Eugene de Kock is nie enigste bron nie – repliek aan prof. Piet Croukamp

Apartheidstaat het baie mense laat vermoor

Op RSG se “Praat saam” waaraan ek en genl Van der Merwe deelgeneem het, het hy gesê daar is nie meer as 200 sterftes agv polisie optrede nie, en sedertdien het hy sy syfer aangepas na soveel as 300. Sien ook dat hy nou baie spesifiek net van die Veiligheidstak praat en nie van die

Lees verder: Apartheidstaat het baie mense laat vermoor

Bymotiewe by Absa se dom skuif?

Hierdie skuif van Absa om teen wit rugbyspeler te diskrimineer, wil al lyk of dit ‘n politieke klank het wat ten hemele stink. Dit is waar dat Absa, uit Volkskas en Trustbank gebore, hoofsaaklik opgebou is met die Afrikaners se geld uit die destydse Federale Volksbeleggings. En baie Afrikaners is al sedert die jare sestig

Lees verder: Bymotiewe by Absa se dom skuif?

Skoolgaan op die trekpad

Die geestelike boeke van die Voortrekkers het preek-, gesange- en kategeseboeke ingesluit. Die trekkers het graag gesing, soms met viool- of akkordeonbegeleiding. Party het draagbare huisorreltjies of serafyne gehad. Reeds in die agtiende eeu was daar liedeboeke waarin geestelike en selfs wêreldlike liedjies opgeteken is. Eie berymings op bestaande liedere is gedoen en die melodieë

Lees verder: Skoolgaan op die trekpad