‘VSA kan oor twee jaar misluk in Afghanistan’

David Kilcullen, 'n teeninsurgensiekenner, wat as een van generaal Stanley McChrystal se topadviseurs oor Afghanistan dien, is uiters krities oor die hantering van die oorlog. Hy het Donderdag by die U.S. Institute of Peace kritiek gelewer oor die manier waarop die VSA die oorlog benader. In 'n verslag wat opgestel is om die stand van

Lees verder: ‘VSA kan oor twee jaar misluk in Afghanistan’

Post-joernaliste in die sop oor video van Clinton

Twee joernaliste van die Washington Post is in die sop nadat hulle satiriese internetvideoreeks draak gesteek het met Hillary Clinton. Die uitvoerende redakteur Marcus Brauchli het die reeks, bekend as die "Mouthpiece Theater" Woensdag tot niet verklaar en die laaste gewraakte episode Vrydag van die koerant se werf verwyder. In die video is 'n Withuiskorrespondent

Lees verder: Post-joernaliste in die sop oor video van Clinton

Murdoch waag yslike kans om gratis nuus te sluit

Rupert Murdoch, 78, gaan 'n kans waag en lesers binnekort, binne die volgende finansiële jaar, vir sy internetnuus laat betaal. Hy het gesê News Corp, sy multimiljardrand mediaryk, gaan oral ter wêreld ophou om gratis nuus op nuuswerwe aan te bied. Die internetnuusmodel werk nie en is besig om gedrukte koerante, wat op die tadisionele

Lees verder: Murdoch waag yslike kans om gratis nuus te sluit

Nog geen varkgriep by Kovsies aangemeld nie

Daar is nog geen gevalle van varkgriep, die H1N1-virus, by die Universiteit van die Vrystaat aangemeld nie, het 'n gesondheidswoordvoerder van die instelling bekend gemaak. Dié griep het reeds ’n tweede slagoffer in Suid-Afrika geëis. Wes-Kaapse skole is tans net half vol, nadat vrees vir die siekte onder leerders posgevat het, en talle aktiwiteite is

Lees verder: Nog geen varkgriep by Kovsies aangemeld nie

Twee amptenare vas oor verkoop van lisensies

Twee amptenare van die Steve Tshwete munisipaliteit is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering bestuurderslisensies verkoop het, het die Mpumalangapolisie bekend gemaak. Die twee verkoop glo al lisensies sedert 2007 en staar ongeveer 20 klagtes in die gesig, het kaptein Leonard Hlathi gesê. Die verdagtes kan tot dusver met 22 onwettige lisensies verbind

Lees verder: Twee amptenare vas oor verkoop van lisensies

Lyk na 11 maande opgespoor

Die oorskot van Johan Nel (36), ’n geotegnikus van Louis Trichardt wat op 8 September 2008 in ’n motorongeluk naby Brits oorlede is, is byna 11 maande na sy dood opgespoor, nadat sy verkoolde oorskot deur die staatslykshuis op Brits verloor is. ʼn Taakspan – wat op versoek van Nel se ouers, Frik en Sougnet

Lees verder: Lyk na 11 maande opgespoor

Regering bied redding aan motor- en tekstielbedrywe

Die regering van president Jacob Zuma gaan R6 miljard beskikbaar stel om maatskappye te help wat ondergang in die gesig staar. 'n Bykomende R2,4 miljard gaan vir die heropleiding van afgedankte werkers gegee word. Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), sal die R6 miljard oor die volgende twee jaar direk beskikbaar gaan stel aan maatskappye wat wankel vanweë

Lees verder: Regering bied redding aan motor- en tekstielbedrywe

Handel tussen Afrikalande moet groei s? Clinton

Afrikastate se eerste prioriteit moet wees om handel met mekaar te bevorder en nie met die VSA of die ander ryk ekonomieë van die wêreld nie. Met dié boodskap het Hillary Rodham Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, haar Afrika-safari van 11 dae gister hier begin. Sy kom vanaand in Suid-Afrika aan. “Die VSA het

Lees verder: Handel tussen Afrikalande moet groei s? Clinton

Swartes in Zim ‘het nou genoeg grond gevat’

Swart Zimbabwiërs het nou genoeg grond gevat, het Zimbabwe se adjunkpremier, Arthur Mutambara, Woensdag gesê. Hy het om ’n moratorium op enige verdere oordrag van plase van wit boere gevra. Mutambara was die gasspreker by die kommersiële boere-unie (CFU) se jaarvergadering. Byna 200 wit lede veg steeds in Zimbabwiese howe om die behoud van hul

Lees verder: Swartes in Zim ‘het nou genoeg grond gevat’