Sake24 berig dat die polisie Dinsdag by Amalgamated Beverage Industries (ABI) se aanleg in Midrand die stakende oproermakers met rubberkoeëls uiteengejaag het. Die geweld het tydens ‘n vergadering tussen die Food and Allied Workers Union (Fawu) en ABI met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) as bemiddelaar uitgebreek. Fawu dreig steeds met verdere
Nestlé heropen weer in Zim
Nestlé SA, die wêreld se grootste voedselmaatskappy, het Dinsdag aangekondig dat hulle ’n fabriek in Zimbabwe se hoofstad weer heropen het. Die stap volg nadat die regering hulle van hul werkers se veiligheid verseker het. Nestlé het verlede maand hulle fabriek in Harare gesluit nadat regeringsamptenare en owerhede besoek afgelê en gelas het dat vragmotors
Plofstof deur lughawe
‘n Slowakiese man het onwetend versteekte plofstof op ‘n vlug na Dublin, Ierland, gesmokkel. Die voorval volg nadat ‘n veiligheidsoefening by ‘n Slowakiese lughawe skeefgeloop het, het Ierse owerhede Dinsdag gesê. Hy het eers uitgevind dat hy die oortreding begaan het toe Ierse polisie sy woonstel Dinsdagoggend betree. Robert Kalinak, Slowakye se die minister van
Sportkwotas
Die geval Nitini en die huidige eina-vertonings van ‘n paar spelers van kleur laat die fokus weer, verdiend of onverdiend, op die kwessie van sportkwotas val. Die agtergrond is dat internasionale sportliggame soos Fifa, die IOK, die Internasionale Rugbyraad en ook krieket se beheerliggaam rassisme en politieke inmenging in sport verbied. Veral Fifa het ‘n
Oosterse markte styg; olie, koper bly hoog
Aandele in die Verre Ooste het vanoggend sterk gestyg ná ‘n goeie vertoning op Wallstraat gisteraand. Veral skeepvaartmaatskappye en hulpbronmaatskappye het goed gevaar, terwyl die olieprys tot naby $82 per vat gestyg het en Asiese effekteprysrisiko tot die laagste vlak sedert Mei 2008 gedaal het, te midde van tekens dat globale ekonomiese groei gaan toeneem.
As die keiser kaal is
{jathumbnail off} free casino ukФильчаков прокурор харькова
Padsterftesyfer glo foutief
Die padsterftesyfers vir Desember 2009 is glo heeltemal verkeerd en is dalk baie meer as in 2008, beweer ‘n kenner. Volgens Rob Handfield-Jones, die besturende direkteur van driving.co.za, is die departement van verkeer se bewerings nie korrek nie. Die departement het verlede week bekendgemaak dat sowat 1050 mense sedert 1 Desember tot 31 Desember 2009
Koue eis 13
Minstens 13 mense is gedurende die langnaweek tydens Nuwejaar in Pole dood toe temperature tot by -25 grade Celsius gedaal het. Dit bring die land se sterftesyfer weens die koue Europese winter tot by 122, het polisie Maandag gesê. Volgens owerhede was die meeste slagoffers hawelose mans tussen die ouderdomme van 35 en 50 jaar.
VSA ‘diskrimineer’ teen Nigerië
Die nuwe veiligheidsmaatreëls vir passasiers wat na of van die VSA vlieg, is Maandag deur Nigerië as “onregverdig” beskryf. Die Afrikaland meen die nuwe regulasies diskrimineer teen soveel as 150 miljoen mense. Die VSA het onlangs aangekondig dat reisigers van 14 lande, insluitende Nigerië, onderhewig sal wees aan strenger veiligheidsmaatreëls op Amerikaanse lughawens. Die opskerping
Hoogste gebou gedoop
Die wêreld se hoogste gebou is Dinsdag in Doebai geopen. Volgens die WAM-nuusagentskap is die gebou die Burj Khalifa gedoop om eer te betoon aan die leier van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), Sjeik Khalifa bin Zayed al-Nahayan. Volgens ’n multimediavoorlegging by die openingseremonie is die gebou 828 m hoog. Die opening van die Burj
