‘n Slowakiese man het onwetend versteekte plofstof op ‘n vlug na Dublin, Ierland, gesmokkel.
Die voorval volg nadat ‘n veiligheidsoefening by ‘n Slowakiese lughawe skeefgeloop het, het Ierse owerhede Dinsdag gesê.
Hy het eers uitgevind dat hy die oortreding begaan het toe Ierse polisie sy woonstel Dinsdagoggend betree.
Robert Kalinak, Slowakye se die minister van binnelandse sake, het aan die Ierse regering gesê hy is “baie jammer” oor die voorval.
Slowakye het drie dae geneem om Ierland van die fout in kennis te stel.
Veiligheidsbeamptes in Dublin het gesê dit is dom, onder enige omstandighede, om plofstof in passasiers se bagasie te versteek en hulle onwetend daarmee te laat vlieg.
Veiligheidskenners meen egter die voorval toon juis die tekortkominge van sekuriteitsprosedures by lughawens.
Slowakye het Saterdag egte bomkomponente in nege passasiers se bagasie versteek.
Agt van die komponente is opgespoor, maar die negende, sowat 90 gram plofstof, is onopgemerk tussen die Poprad-Tatry lughawe in sentrale Slowakye en Dublin se internasionale lughawe vervoer.
