Nestlé SA, die wêreld se grootste voedselmaatskappy, het Dinsdag aangekondig dat hulle ’n fabriek in Zimbabwe se hoofstad weer heropen het. Die stap volg nadat die regering hulle van hul werkers se veiligheid verseker het.
Nestlé het verlede maand hulle fabriek in Harare gesluit nadat regeringsamptenare en owerhede besoek afgelê en gelas het dat vragmotors die melk wat hulle vervoer, moet aflaai. Twee bestuurders is ook deur die polisie ondervra, maar is later weer vrygelaat.
“Sake kon nie soos normaal voortgaan nie en die veiligheid van hulle werkers kon nie gewaarborg word nie,” het Nina Backes, ‘n woordvoerder, gesê.
“Sedertdien was die plaaslike Nestlé-bestuurders gereeld in kontak met Zimbabwiese owerhede om ’n oplossing te vind,” het sy gesê.
Nestlé is glo gedwing om melk van plase te koop, insluitend een wat glo aan pres. Robert Mugabe behoort. Die maatskappy het egter geweier.
Dié voedselmaatskappy het herhaal dat hulle net melk van hul eie kontrakteurs gebruik,” het Backes bygevoeg.
