Koue eis 13

Minstens 13 mense is gedurende die langnaweek tydens Nuwejaar in Pole dood toe temperature tot by -25 grade Celsius gedaal het.

Dit bring die land se sterftesyfer weens die koue Europese winter tot by 122, het polisie Maandag gesê.

Volgens owerhede was die meeste slagoffers hawelose mans tussen die ouderdomme van 35 en 50 jaar. Hulle het weens hipotermie gesterf, het polisie gesê.

Polisie en munisipale werkers het Pole aangemoedig om owerhede in kennis te stel van haweloses in hulle areas sodat die haweloses na tuistes verwys kan word wat spesiaal vir die winter opgerig is.

Sedert die begin van November is 122 mense dood weens die koue in Pole.

Gedurende die 2008/2009 winterseisoen is 82 mense weens hipotermie dood. In die 2005/2006 winterseisoen is 233 mense dood, die hoogste nog in Pole.

 

holidaysпрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae