Rubberkoeëls vir koeldrankstakers

Sake24 berig dat die polisie Dinsdag by Amalgamated Beverage Industries (ABI) se aanleg in Midrand die stakende oproermakers met rubberkoeëls uiteengejaag het.

Die geweld het tydens ‘n vergadering tussen die Food and Allied Workers Union (Fawu) en ABI met die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) as bemiddelaar uitgebreek.

Fawu dreig steeds met verdere protesoptrede indien die koeldrankvervaardiger nie ’n beter verhoging aan sy werknemers toestaan nie.

Fawu-lede eis ’n verhoging van 9,5%, en die koeldrankgroep bied 8,3%. Die ABI is die koeldrankvertakking van Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB).

Die polisieteenwoordigheid by die Midrand-aanleg duur voort. Sowat 35 stakers is reeds in hegtenis geneem.

Kennisgewings van voortgesette protesoptredes is na die bierafdeling van die SAB asook Coca-Cola-produkte in Suid-Afrika gestuur.

Die National Union of Mineworkers het sy ondersteuning aan Fawu toegesê.

ABI sê die maatskappy voorsien nie dat die staking tot ’n tekort aan koeldrank sal lei nie.

 

сколько каналов в зубеФильчаков Александр Васильевич