Hoogste gebou gedoop

Die wêreld se hoogste gebou is Dinsdag in Doebai geopen.

Volgens die WAM-nuusagentskap is die gebou die Burj Khalifa gedoop om eer te betoon aan die leier van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), Sjeik Khalifa bin Zayed al-Nahayan.

Volgens ’n multimediavoorlegging by die openingseremonie is die gebou 828 m hoog.

Die opening van die Burj Khalifa kom te midde ‘n finansiële krisis in die Midde-Oosterse stad.

Abu Dhabi, ook ‘n lid van die VAE, moes onlangs miljarde Rande aan die sukkelende Doebai leen sodat die stad sy skuld kon delg.

Sjeik Khalifa bin Zayed al-Nahayan is die leier van Abu Dhabi sowel as die president van die VAE-federasie.

 

машинка мультикиДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae